Padmerke

Voetgangeroorgange en Stilhoulynmerke

Voetgangeroorgang

Waar: Op enige pad voor ’n voetgangeroorgang.

Doel: Om ’n area aan te dui waar jy nie mag stilhou nie, behalwe vir voetgangers wat oorsteek of wil oorsteek, of vir ’n voertuig wat reeds stilgehou het.

Optrede: Kyk uit vir voetgangers wat die pad mag oorsteek, ry stadiger en hou stil as iemand wil oorsteek. Moenie binne hierdie area verbysteek nie, of by ’n voertuig wat by enige voetgangeroorgang stilgehou het nie.

Voetgangeroorgangmerke op die pad

Geen-stilhou-lyne

Waar: Op enige pad.

Doel: Om bestuurders te verbied om stil te hou waar stilstaande voertuie die verkeer kan ontwrig, of waar die omgewing die uitsig belemmer en sulke voertuie die uitsig verder kan belemmer.

Optrede: Behalwe in ’n noodgeval, moenie by hierdie lyne stilhou nie.

In die geval van ’n gebroke lyn mag jy nie stilhou gedurende die tye wat deur ’n padverkeersteken aangedui word nie.

Geen-stilhou-lyne langs die pad

Geen-parkeer-lyne

Waar: Op enige pad.

Doel: Om te verhoed dat bestuurders stilhou waar stilstaande voertuie die verkeer kan ontwrig, of waar die omgewing die uitsig belemmer en sulke voertuie die uitsig verder belemmer.

Optrede: Behalwe in ’n noodgeval mag jy vir kort tydperke stilhou, maar jy mag nie hier parkeer nie.

Parkeer beteken dat ’n voertuig stilstaan (of die enjin loop of nie) vir ’n tydperk langer as wat nodig is om goedere of passasiers op of af te laai.

Geen-parkeer-lyne langs die pad